Nou op die rakke by Woolies, Checkers, Shoprite, OK, en Spar!
Die somer uitgawe is nou op die rakke by jou naaste Woolies, Checkers, Shoprite, OK, Spar, Exclusive Books-winkels en sommige garage-geriefwinkels.
Klik op die skakel vir ‘n voorsmakie.
Die somer uitgawe is nou op die rakke by jou naaste Woolies, Checkers, Shoprite, OK, Spar, Exclusive Books-winkels en sommige garage-geriefwinkels.
Klik op die skakel vir ‘n voorsmakie.
Dit was die foto van die seeskil-pad in Costa Rica, met ʼn strooitjie in sy neus, wat bewussyn rondom strooitjies as’t ware in die hoof-stroom laat beland het. Toe die 2017-BBC dokumentêr, Blue Planet II, met ‘n toneel van ʼn albatros wat haar kuikens plastiek voer – op TV-skerms verskyn, het die anti-plastiek oorlog momentum gekry.
Weskussers is rateltaai met ‘n sagtheid vir mooi stories en interessante staaltjies. Dis mense wat anders na die lewe kyk, maar wat mooi verstaan wat belangrik is. Hulle kanniedood lewensuitkyk word deur die landskap uitgebeeld – of is dit nou andersom? Hoe dit ook al sy, die rotsbedekte omgewing met sy geharde plantegroei, die area se eiesoortige uitdrukkings en inwoners se harde teerheid is alles dinge wat hierdie plek diep in ‘n mens se hart laat inkruip. En dis hoe ons by Afsaal Padstal uitkom.
Verskeie rolspelers in die wolbedryf bespreek die doel en nut van Responsible Wool Standard-sertifisering en watter voordele dit vir die produksiepyplyn inhou.