All posts tagged: Tru-Cape

Oos-Kaapse wenboer André Kritzinger: Begin in die diep kant, dan móét jy swem

André Kritzinger is pas aangewys as die Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. André staan nou in beheer van hierdie mega-boerdery nadat sy pa, Bokkie, enkele jare gelede tragies in ’n motorfietsongeluk oorlede is en hy noodgedwonge moes inspring. Dit is duidelik dat hy die leisels op Tulpieskraal stewig in albei hande het en presies weet waarheen hy oppad is.