Wingerdwerkers omskep sewe sakke sout in 16 ha hoop
Aan die voet van die mees suidelike bergreeks in Afrika bewerk en versorg ‘n groep werkers al dekades lank grond en wingerde in die bekroonde Overbergse wynstreek. Nóú is die werkers van Akkedisberg Boerdery PTY (LTD) die trotse eienaars van ‘n eie handelsmerk én storie.