Author: Staff Reporter

Een boervrou, vyf pienk silo’s

Vyf van NWK se graansilo’s het in Oktober pienk geskyn ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand. Die inisiatief het begin by ’n boervrou van Koster wat self die stryd teen borskanker moes voer. Suzanne Swanepoel van Koster is sowat twee jaar gelede, op 38-jarige ouderdom, met bilaterale borskanker gediagnoseer. Sy het NWK se plaaslike handelswinkel genader met die versoek om die dorp se graansilo pienk te verlig as ’n simbool van hoop en ondersteuning vir mense wat deur kanker geraak word. NWK het nie alleen ingestem nie, maar ook aangebied om die koste van die projek te dra. Die inisiatief is daarna uitgebrei na vyf silo’s, naamlik dié op Koster, Bodenstein, Gerdau, Blaauwbank en Delareyville. Om die silo’s pienk te laat skyn, het ’n span silobestuurders, elektriese ingenieurs en werkers die ligte se omhulsels met pienk plexiglas vervang. Die ligte is vervolgens ná donker verstel om die silo’s so doeltreffend moontlik te verlig. Jaco Du Rand, uitvoerende bestuurder van kommoditeite by NWK, beskryf die inisiatief as ’n simboliese gebaar van hoop, moed en solidariteit met kankerpasiënte, oorwinnaars …

Ballistiese beskerming binne bereik van meer bakkie-eienaars

Volwaardige voertuigpantser kan maklik byna R1 miljoen kos, maar ’n ligter beskermingsopsie vir die Toyota Hilux bied nou gedeeltelike beskerming teen 9 mm-handwapenvuur teen ’n heelwat laer intreeprys.Die gedagte aan ’n gepantserde voertuig laat ’n mens maklik dink aan veiligheidsmaatskappye, politici of hoërisikopersone. Maar in Suid-Afrika is die bakkie vir baie boere ook hul kantoor, werksvoertuig en daaglikse vervoermiddel.SVI Engineering het sy ballistiese beskermingsopsies vir die nuwe Toyota Hilux bekendgestel. Die maatskappy se omvattende B6-pakket kos byna R1 miljoen, uitgesluit BTW en die voertuig self, maar dit is die goedkoper B2 LITE-opsie wat waarskynlik vir ’n groter groep bakkie-eienaars interessant sal wees.

Presisievoeding plaas SA pluimveenavorsing in die kollig

Suid-Afrikaanse navorsing oor meer presiese pluimveevoeding het by AFMA Forum 2026 erkenning gekry toe dr Kyle Venter as AFMA se Technical Person of the Year aangewys is. Venter is navorsingsleier by Neuro Livestock Research (NLR), innovasiebestuurder by Chemuniqué en buitengewone dosent aan die Universiteit van Pretoria. Die toekenning erken sy tegniese bydrae tot die plaaslike en internasionale voer- en pluimveebedryf.

Vyf miljoen blomme en nou ’n plek in die nasionale eindronde

Die 36-jarige blomprodusent Joy van Deventer van Berg en Dal Kwekery naby Brits het geskiedenis gemaak as Agri Noordwes se eerste vroulike Jongboer van die Jaar. Haar provinsiale oorwinning plaas haar nou tussen die finaliste wat in November om die nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-titel meeding. Op Berg en Dal in Bokfontein, aan die voet van die Magaliesberg, produseer Van Deventer en haar span jaarliks meer as vyf miljoen krisantstingels op sowat 3,5 ha. Ongeveer 25 variëteite word in agt klimaatbeheerde tonnels verbou, wat dit moontlik maak om regdeur die jaar te plant en te oes. Die blomme word onder meer aan Woolworths gelewer, terwyl ander volumes deur die Johannesburgse blommemark en markte in Kaapstad en Durban versprei word. Sowat 80% van die produksie word plaaslik bemark en die res word uitgevoer. Dit is ’n hoogs gespesialiseerde onderneming waar produksiebeplanning, gehalte, tydsberekening en markvraag nou saamhang. Van kleins af tussen blomme Van Deventer se verbintenis met die blombedryf strek terug na haar kinderjare. Sy is in Nederland gebore en het as tweejarige …