Lees aanlyn of kry jou kopie by 130 landbouwinkels!
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
In ’n landbou-omgewing waar water al hoe fyner bestuur moet word, is besproeiing lankal nie meer net ’n tegniese bysaak nie. Dit is deel van die kern van volhoubare produksie. Dit bepaal hoe doeltreffend water gebruik word, hoe akkuraat voeding toegedien word en hoe vinnig produsente op veranderende omstandighede kan reageer.
Waar swartwattel eens ’n las was, staan nou iets nuuts. In Elandskloof naby Citrusdal is indringerplante wat uit rivierlope verwyder is, versnipper en gebruik as grondstof vir laekoolstof-boustene vir ’n nuwe gemeenskapsentrum.
Stel jou voor: ’n los naat, ’n skeur of ’n verslete elmboog op jou gunsteling werksklere, en dit word gratis herstel by jou naaste winkel. Jonsson se span doen dit vinnig en doeltreffend, sodat jou klere langer hou, jy geld spaar en minder bydra tot afvalhope.
As jy ’n minimumloon verhoog in ’n ekonomie wat nie groei nie, koop jy nie noodwendig waardigheid nie. Jy koop dikwels minder werk.
Nog ’n familiebesigheid wat die Langkloof bekend gemaak het en landwyd aansien verwerf het, is die Joubertina Kwekery van Bremer en Elaine Pauw. Die kwekery het in die 1960’s ontstaan uit die behoefte aan appelbome vir die groeiende appel- en peerbedryf. Vandag is Bremer en Elaine gelukkig om ook die dienste van hul dogter Karien, haar man Willy, en Deon Lötter, ’n deurwinterde landboukundige en kweker,
te hê om die vrugteboom-kwekery teen die hange van die Langkloofberge te bestuur.
Philippi, wat aan die suidoostelike kant van Kaapstad geleë is en deel vorm van die Kaapse Vlakte, is al vir eeue bekend vir families wat vir geslagte lank in die omgewing boer. Die area is ook bekend vir die groente wat hier verbou word en wat na raming tot 50% van Kaapstad se vars groente voorsien.
Vanjaar se wenners van die Landbou-navorsingsraad (LNR) se 2025 Nasionale Meestersuiwelboer-toekennings hoef geen tree terug te staan vir vorige jare se wenners nie. Hulle is elkeen uitstaande in die afdeling waarin hulle met ander melkboere meegeding het. Hierdie kompetisie van die LNR is jaarliks ‘n hoogtepunt op Suid-Afrika se landbou-kalender waar erkenning gegee word aan uitstaande prestasie deur die land se top-suiwelboere. Die kriteria van die kompetisie fokus veral op die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasie-toetsing as instrumente.
Die Departement van Landbou het onlangs aangekondig dat ’n plan glo gereed is om tot 14 miljoen beeste teen BKS in te ent. Dit klink bemoedigend, maar volgens drie van Suid Afrika se voorste landboukenners; Dr Theo de Jager, Nick Serfontein en Dr Danie Odendaal, is die prentjie heel anders. Hulle het in In Gesprek op kykNET gesels en ’n ontstellende blik op die werklikheid gegee.
Suid-Afrika se rosynbedryf toon na ’n paar uitdagende seisoene duidelike tekens van herstel, met die 2024/25-oes wat na verwagting sowat 100 000 t sal bereik. Dit dui op hernude momentum vir een van die land se stil, maar suksesvolle uitvoerprodukte.