Reguit paadjie tussen Boer en Jan Publiek
As jy moeg word vir die lewe in die stad, gaan besoek ’n boeremark of, beter nog, gaan besoek ’n boer. Die groeiende tendens van leweransiers wat produkte regstreeks by boere verkry en via ’n webwerf verkoop asook florerende boeremarkte dui op die behoefte daaraan om weer ’n aanknopingspunt te vind met die platteland.