Vroue in landbou wys hoe dinge gedoen word
Vroue neem hul regmatige plek in die landbousektor in, en Hollard erken hierdie bydrae deur vir die tweede agtereenvolgende jaar die Women’s Voice in Agriculture-kompetisie te borg. Dié inisiatief vier vroue wat nie net op die grondvlak werk nie, maar ook beleid beïnvloed en ware verandering in hul gemeenskappe teweegbring.

