All posts tagged: OmniaAgriculture

Die gemiddelde ouderdom van boere styg – wie gaan ons voed oor 20 jaar?

Die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou rus in die hande van ’n nuwe geslag jong, ambisieuse boere – mense met wortels in plaasgrond, maar oë op innovasie. Tog is dit duidelik dat hulle nie sonder hulp die pad vorentoe kan aanpak nie. Volgens AgriSA is die gemiddelde ouderdom van boere in Suid-Afrika sowat 57 jaar, en die jonger geslag het nie genoeg verteenwoordiging nie. Meer as 65% van kommersiële plaasbestuurders is tussen 45 en 65 jaar oud.