Jong landbouers kry die kans om te leer en groei
‘n Belangrike mylpaal is gevier tydens die amptelike opening van die akademiese jaar vir ‘n nuwe groep landboustudente by Peritum Agri Instituut. Onder leiding van direkteure Emmie Pietersen en Belinda Louw, is die toewyding tot landbou-opleiding en vaardigheidsontwikkeling weer eens bevestig.