Tariewe druk SA boere in ’n hoek
Dis moeilik genoeg om boer te wees in Suid-Afrika. Reën is óf te min óf te veel, insetkoste klim soos raketbrandstof, en beurtkrag maak dit by tye onmoontlik om jou besigheid normaal te bedryf. Nou kom daar nog ’n nuwe kink in die kabel – invoertariewe van die VSA. Die Amerikaanse owerhede het besluit om verskeie invoerbelastingkoerse op produkte soos sitrusvrugte, wyn, beesvleis en selfs suiker uit Suid-Afrika op te jaag. Sommige van dié tariewe kan tot 30% wees – wat beteken dat dit skielik véél duurder is vir Amerikaanse verspreiders om ons boere se produkte in te voer. En dit bring ’n groot skokgolwe deur die landbousektor, veral in plekke soos die Wes-Kaap en Oos-Kaap, waar baie produsente sterk op uitvoere staatmaak. In Citrusdal, waar sitruskonings hul lemoene, naartjies en suurlemoene kweek vir die wêreldmark, is die kommer tasbaar. Een boer sê: “Ons is vir jare geleer om na uitvoere te kyk vir groei. Nou word daai deure vir ons stadig maar seker toegemaak.” Die probleem met invoertariewe is dat dit nie net ‘n …

