Mardouw boaan medaljelys by SA Olive Awards 2026
Suid-Afrika se beste olyfolies is op 15 September vereer. Altesaam 96 olyfolies het medaljes ontvang: 33 goud, 59 silwer en vier brons. Mardouw Olive Estate het met agt medaljes die meeste toekennings ontvang, gevolg deur Brown Badger, De Rustica Estate en Tokara met vyf elk.


