Waterloopbane in aanvraag in SA en internasionaal
Wêreld Waterdag is onlangs gevier op 22 Maart – ’n geleentheid wat die belangrikheid van waterbewaring en toegang tot veilige water onderstreep. In die lig hiervan is dit ’n goeie tyd om te kyk na loopbaangeleenthede in die watersektor, veral in Suid-Afrika, waar daar steeds ’n tekort aan opgeleide waterkundiges is.

