Die 2024 Absa Top 10 Olyfolie Toekenningsgeleentheid het plaasgevind op Woensdag, 16 Oktober by Grande Roche-landgoed in die Paarl.

Die goue medalje-wenners wat verlede maand aangekondig is, is aan verdere beoordeling onderwerp om die beste ekstra suiwer olyfolies (EVOO’s) te kies. Die wenprodusente is (in alfabetiese volgorde):
De Rustica Estate – Estate Range (Intens)
Kleinbergskloof – Family Reserve (Medium)
Lapithos Olive Growers – Estate Mission (Medium)
Mardouw – XXV (Medium)
Morgenster Estate – Don Carlo (Medium)
Oudewerfskloof Olive Farm – Coratine (Medium)
Ouma se Huis Boutique Olive Estate – Charisma 2 (Delikaat)
Rio Largo Olive Estate – Premium White Label (Medium)
Terre Paisible – Extra Virgin Olive Oil (Delikaat)
Tokara – Mission Extra Virgin Olive Oil (Delikaat)









Hierdie jaarlikse viering, wat nou al 11 jaar bestaan, is ’n samewerking tussen Absa en die SA Olive Industry Association. Met die tema “Your Story Matters” wil Absa die verhale en toewyding van individue wat die olyfbedryf vorm, beklemtoon en hierdie topgehalte EVOO-produkte se lewensverhale vier.
Yolisa Mlungwana, Streeksegmenthoof by Absa Private Banking, het gesê: “As die Bank van die Entrepreneur en die grootste landboufinansier in Suid-Afrika, is ons trots om deel van hierdie viering te wees en om waarde-toevoeging en die vasberadenheid van die olyfoliebedryf te erken. Ons is verbind om saam met ons belanghebbendes te loop en Afrika se toekoms te bemagtig, een storie op ‘n slag.”
Wendy Petersen, HUB van SA Olive, het ook die belangrikheid van die Absa Top 10 Olyfolie Toekennings beklemtoon en gesê: “Hierdie toekenningsplatform toon die uitnemende gehalte van die Suid-Afrikaanse olyfoliebedryf. Ons vennootskap met Absa het ons plaaslike produsente op ‘n wêreldverhoog bevorder en erken die harde werk van ons boere en produsente, en bevestig die waarde van hul verhale in die toekoms van die olyfbedryf.”
Meer inspirerende stories van Grond tot Mond:




779860 728513Admiring the time and effort you put into your site and in depth information you offer. Its very good to come across a weblog every once in a whilst that isnt exactly the same out of date rehashed material. Great read! Ive saved your internet site and Im including your RSS feeds to my Google account. 962218
268192 966140The particular New york Diet can be an highly affordable and versatile eating far better tool built for time expecting to loose fat along with naturally keep a healthful everyday life. la weight loss 37458
511461 464225I really like your wordpress theme, exactly where would you obtain it from? 396446
Your writing is a true testament to your expertise and dedication to your craft. I’m continually impressed by the depth of your knowledge and the clarity of your explanations. Keep up the phenomenal work!