Woorde: Danie Keet Fotografie: Mia Truter
‘n Mens kan maklik vra wat het ‘n prokureur en ‘n bedryfsingenieur wat lank in Botswana gewerk het, in gemeen? Die antwoord: nie net ‘n liefde daarvoor nie, maar ‘n passie vir olywe. Dit is wat Susan Aird en Derek van der Riet van The Olive Boutique aanvanklik na Riebeek-Kasteel toe gelok het en wat nou hul lewens vul.
“Ek en Derek was in ons 50’s toe ons ons lewens in oënskou geneem het en gewonder het of ons met die regte dinge besig was. Ons het vir omtrent nege maande lank gesoek na iets wat ons albei aangetrek het. Die Riebeekvallei was een van ons besoekpunte en ons het besluit om dit ons nuwe tuiste te maak,” beskryf sy. Kennisse van Tulbagh het my al voorheen aan die voordele van olyfolie bekendgestel en toe die geleentheid om The Olive Boutique te koop opduik, het ons dit aangegryp. Min wetend wat dit alles sou behels en met die gedagte dat dit ‘n eenvoudige en vinnige proses is om olyfolie te maak en olywe in te lê. En boonop was die ekonomie in ‘n afwaartse kurwe en die eiendomsmark was gunstig vir kopers,” skets sy voort.
“Dit was egter eers nadat ons hier begin werk het dat ek die vreugde van plaaslik vervaardigde olyfolies begin ervaar het,” vertel sy op die stoep van The Olive Boutique in die hoofstraat van Riebeek-Kasteel, ‘n klipgooi van Kloovenburg se wyn- en olyflandgoed af. ‘n Windpomp kraak in die agtergrond terwyl die vars reuk van olyfolie die sintuie wakker maak.
HARDE WERK
Susan vertel dat sy en Derek niks geweet het van die prosesse wat op hulle gewag het nie. Met sy agtergrond as bedryfsingenieur, het Derek gedink hy verstaan die besigheidsprofiel van die nuwe onderneming, maar toe die eerste seisoen hulle tref, was dit ’n heel ander prentjie en het hulle toe eers besef watter harde werk dit verg.
“Toe die eerste olywe begin inrol, het die werklikheid van kratte ronddra, weeg, van een plek na die ander verskuif en ure langs die pers ons die werklikheid gewys. Derek het ‘n rugbesering en kan nie swaar goed optel nie. Ek moes noodgedwonge daardie deel van die werk ook doen en om tussen 20 en 50 t olywe rond te dra, is nie iets wat sommerso gedoen word nie. En ek moes dit alles vier keer doen omdat die olywe deur verskillende prosesse op verskillende plekke gaan. Daar is tye dat die werk maar baie eentonig raak en jy bly lank op jou voete – en dit duur amper drie maande elke jaar!”
Sy gaan voort: “Maar dan is daar die vervulling van die amper magiese reuk van vars olyfolie wat uit die parsmasjien loop – daar is min dinge in die wêreld wat so bevredigend is,” sê sy met volgehoue entoesiasme oor hierdie lewe.
Susan vertel dat hulle nie net hul eie olie maak nie, maar ook ‘n model volg wat algemeen in lande langs die Middellandse See gebruik word: een meule bedien ’n hele gemeenskap en die olywe word van heinde en verre na een parsmeule geneem waar dit dan gepars word en die opbrengs aan die eienaar gegee word.
PARS VIR DIE GEMEENSKAP
“Ons beskou onsself ook as ‘n pars vir die gemeenskap. Baie mense bring hul olywe vir ons om dit in olie te verwerk – jy kan maar sê ons is ‘n vallei-pars. Die vallei se mense is geborge in die plant van olyfbome en as hulle hier intrek, plant hulle instinktief die bome. Ses tot 10 olyfbome is genoeg om jou vir ’n jaar van olyfolie te voorsien en dit is presies waarvan hulle hou,” beskryf sy.
“Maar ons sal nooit wegbeweeg van die boetiek-opset nie. Dit is waar ons gehalte-olie in kleiner hoeveelhede maak. Die hele proses van olyfolievervaardiging was vir ons ‘n reuse-leerkurwe. Aanvanklik het ons nie aan kompetisies deelgeneem nie, maar toe ons sien dat party van ons kliënte pryse wen met die olies wat ons vir hulle gemaak het, het ons ook ons merk begin maak. Ons is bevoorreg dat ons olies al heelwat goue en silwer medaljes vir ons olies by SA Olive se kompetisies gewen het. SA Olive is die reguleerder van die olyfbedryf in Suid-Afrika en Derek was in ‘n stadium ’n raadslid.”
In 2020 het The Olive Boutique goue medaljes by SA Olive verwerf – vir hul Boutique Frantoio/Coratina-olieversnit en vir hul Olive Boutique Frantoio. Daarby het hul Olive Boutique Coratina en Olive Boutique Leccino/Frantoio elk silwer medaljes by dieselfde kompetisie verower.
Volgens Susan het hulle nooit beplan om ‘n groot kommersiële produsent te word nie al het mense hulle aangespoor om dit te doen. Hulle wil die boetiek-gevoel en -gehalte van hul produkte behou en hulle wil nie die groothandelmark betree nie.
EXTRA VIRGIN
Sy is veral passievol oor Suid-Afrikaans-vervaardigde olyfolies en meen dat plaaslike produsente nie vir ingevoerde produkte terug hoef te staan nie. “Daar is dikwels die persepsie dat ons olyfolie nie so goed soos ingevoerde olies is nie – veral as dit kom by die extra virgin-olies. Daar kom wel goeie premium produkte uit die buiteland na ons toe, maar ek kan met vertroue sê dat 95% van ons extra virgin-olyfolies wel extra virgin is, maar dis nie waar van 95% van die ingevoerde weergawes nie.“
Oor die verskil tussen extra virgin-olyfolie en gewone olyfolie, is sy seker van haar saak en die kennis wat sy oor die afgelope paar jaar oor olyfolievervaardiging verwerf het, is ooglopend.
“Die verskil lê hoofsaaklik in die smaak. Die beste manier om sulke olies van die rak af te koop, is om te kyk of die seël van SA Olive wat dit as extra virgin-olie bevestig op die verpakking vertoon word. As die seël nie daar is nie, is dit waarskynlik nie die ware Jakob nie,” gee sy ’n nuttige wenk.
“As jy ‘n olyfolie proe wat byna deursigtig is, leweloos voorkom, sonder ‘n sprankel en die kenmerkende peperagtige nasmaak in jou keel, dan moet jy weet dat sy beste dae verby is. Baie restaurante sit olyfolies voor wat oud is of af is, maar as jy weet waarvoor jy op die uitkyk moet wees, sal jy gou die verskil agterkom. Olyfolies oksideer en ‘n raklewe van ongeveer 2 jaar is min of meer die maksimum, afhangend van die manier waarop die olies geberg en verpak is,” sê sy.
“Ons verpakking is deel van ons trots en ‘n mens moet seker maak dat daar nie te veel lug by die olie kom soos wat die houer leeg raak nie. Daarom is foeliesakke wat krimp soos die olie minder word, die beste vir die groter maat houers.”
Susan verduidelik aan die hand van ‘n hele reeks olyfolies wat op die toonbank in The Olive Boutique op proeërs wag, dat daar hoofsaaklik twee beskrywings aan ‘n olie gekoppel kan word. Die een is die intensiteit van die smaak en die ander is die smaakprofiel. Die intensiteit word gegradeer as delikaat, medium of intens. Die smaak wissel tussen vrugtig tot peperagtig en bitter. As dit ‘n goeie olie is, sal hierdie aspekte in goeie balans wees. Proe jy die olie sonder die wakende oog van ‘n olyfoliemeester, kan jy gou leer om te onderskei tussen Frantoio met sy vrugtige geure en die meer bitter en peperagtige Coratino.
Die rypheid van die olywe wanneer hulle geoes word, het ook ‘n invloed op die smaak en op die hoeveelheid olie wat dit sal oplewer. “Daar is maar min opbrengs uit ‘n groot klomp olywe,” vertel Susan. “Nadat die olywe afgelaai, skoongemaak en ontstingel is, gaan dit deur verskillende siwwe voordat dit gepars word. Afhangend van die seisoen en die klimaatsomstandighede tydens die rypwordingsperiode, sal opbrengste wissel. Verlede jaar, toe die olywe baie reën gekry het ná ‘n lang droogte, was daar baie olywe aan die bome, maar hulle het ‘n lae olie-inhoud gehad,” vertel sy.
“Wanneer die olywe gepars word, lewer dit nagenoeg 20% van die volume vir olie en 80% daarvan is afvalmateriaal of pulp, wat dan teruggaan na die produsent toe wat dit gewoonlik as bemesting gebruik. Die opbrengs met Frantoio-olywe is gemiddeld 16 tot 22%, Mission-olywe lewer tussen 8 en 12% en Kalamatas nog minder.”
In Suid-Afrika is die Mission-olywe die volopste, veral omdat dit geskik is vir die maak van olie en as tafelolywe. Die drag per boom is ook besonder hoog. Ander kultivars sluit Leccino Coratina, Favalosa (FS 17), Nocellara en Arbequina in. As tafelolywe, of ingelegde olywe, is Kalamata, Manzanilla en Barouni van die gewildste kultivars.
Maar vir Susan is die lekkerste deel van die maak van olyfolie om die dun straaltjie vars olyfolie wat by die parsmasjien uitloop, op ‘n stukkie vars brood te proe – dan kry jy die ware smaak van goeie olyfolie.
SUID-AFRIKA SE OLIE IS TOPS

DAAGLIKSE SOPIE OLYFOLIE
En die gesondheidswaarde van olywe en olyfolies is nog iets wat haar passie vir hierdie vrug aanwakker. Volgens Susan is olyfolie goed om die liggaam van skadelike stowwe te suiwer.
“Ons liggame verouder deurentyd en prosesse daarbinne verlangsaam. Olyfolie help om hierdie prosesse te ondersteun en die skadelike stowwe af te breek. Die gesondheidskenmerke van olyfolie in skoonheidsprodukte is alombekend en word al vir baie jare gebruik. Ons produseer ook ‘n wye reeks by The Olive Boutique, insluitend lyfolies, salwingsolies, olyfseep, body butter en sjampoe, om maar net ‘n paar te noem,” vertel sy.
“Mense wat aanstap in jare moet besef dat die gesondheidswaarde van olyfprodukte waardevol vir hul gesondheid kan wees. Dit verlaag cholesterolvlakke in die bloed, het beduidende anti-inflammatoriese eienskappe, bevorder die ontwikkeling van beenmurg en help om metaboliese balans te behou. ‘n Ander belangrike eienskap is dat dit oksidasie beveg, ‘n probleem wat die basis van baie ernstige siektes vorm, terwyl dit ook ‘n verdedigingsmeganisme is teen kanker en lewerwanfunksie en dit dien ook as skild teen infeksies.”
Susan beklemtoon dat ‘n mens olyfolie saam met feitlik enige gereg en by enige geleentheid kan gebruik. “Olyfolie is soos wyn en die onderskeie style moet gekies word om saam met verskillende geregte of by verskillende geleenthede gebruik te word. Die delikate kultivars pas goed by geregte wat ligweg gegeur is, soos byvoorbeeld mayonnaise, eiers, springmielies of sagte groenslaai.
“Daarteenoor paar die medium-olies goed met slaai, vis, witvleis en vars pasta, terwyl die intense olyfolies gebruik word om vis- en vleisgeregte voor te berei, om marinades te maak of om oor skerp bestanddele soos knoffel en rissies te bedruip,” gee sy raad.
“’n Mens moet onthou dat olyfolie enige tyd van die dag, saam met enige gereg gebruik kan word. As jy daarvoor kans sien, kan jy soggens ‘n sopie olyfolie neem voor jou dag begin, of jy kan dit oor jou pap skink – dit doen wondere vir die gestel,” meen Susan.
NAAM: The Olive Boutique | EIENAARS: Susan Aird en Derek van der Riet | AREA: Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap | PRODUK: Olyfolie, tafelolywe en luukse velprodukte | KONTAK: olives@olive-boutique.co.za
Goeie more
Ek stel belang om produkte in Gauteng te bemark. Grootmaat sowel as huishoudelik.
Stuur asb pryslys aan
Vervoer is beskikbaar.
Groeteagda Kotze
0798787228
Ek stel belang in rou / vars olywe. Verkoop julle en versend dit?
Stephanie Joubert