Female Farmers, News
comments 7

Lamb Champs: Chrisna Vermeulen stap met louere weg as 2024 se Karoo-kampioen

Die 2024 Karoo Lamb Champs is vanjaar gehou in die historiese Pastoriestraat in Graaff-Reinet, en het weereens die uitsonderlike kwaliteit en erfenis van Suid-Afrikaanse lamsvleisproduksie ten toon gestel. Dié geleentheid, ’n viering van die beste Karoo-lam, is afgesluit met Chrisna Vermeulen wat as die uiteindelike kampioen gekroon is vir die vervaardiging van die lekkerste lam van die jaar.

Minki van der Westhuizen, Tessa Chamerlain, Iné Bester, Chrisna Vermeulen

Vermeulen het die gesogte titel van Karoo Lamb Champ verwerf asook ’n bronstrofee ter waarde van R50 000, gemaak deur Nic van Rensburg, en R25 000 kontant. Die tweede plek is aan Chrisna Venter toegeken, en die derde plek het aan Lukas Steenkamp gegaan.

Tydens vanjaar se kompetisie het 29 Karoo-lamboere, wie almal geregistreer is by die Karoolam-konsortium, die egtheid en kwaliteit van Karoolamsvleis ten toon gestel. Deelnemers is op streng kriteria beoordeel, insluitend vleis smaak, tekstuur, en algehele kwaliteit.

Die geleentheid was ’n ware gemeenskapsviering, met plaaslike inwoners wat ’n integrale rol daarin gespeel het om dit ’n sukses te maak. Al die bykosse wat die lamsvleis vergesel het, is gemaak volgens plaaslike resepte, met bestanddele verkry en voorberei deur die talentvolle inwoners van Graaff-Reinet, om die unieke kulinêre tradisies van die Karoo ten toon stel.

Pastoriestraat was vol vakansiegangers wat op pad is na die kus, baie van hierdie vakansiegangers het gestop om te kom deel in die feestelikhede en Lamb Champs-vleis by die plaaslike Pick ’n Pay te koop voor hulle verder reis. Hierdie spesiale aanbieding in die winkel het besoekers toegelaat om ’n stukkie van die Karoo se erfenis saam te neem, om te verseker dat hul vakansie-etes van die beste kwaliteit sal hê.

Optredes deur Ichnus en Juan Boucher het bygedra tot die opgewekte atmosfeer en ’n onvergeetlike ervaring vir die deelnemers geskep.

Die geleentheid was ’n ware gemeenskapsviering, met plaaslike inwoners wat ’n integrale rol daarin gespeel het om dit ’n sukses te maak.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, het sy dankbaarheid uitgespreek: “Hierdie geleentheid is meer as net ’n kompetisie – dit is ’n viering van die erfenis, veerkragtigheid en uitnemendheid van Karooboere. Baie geluk aan al die deelnemers vir hul harde werk en toewyding, en ’n spesiale dankie aan ons borge Pick ’n Pay, Toyota, en Karoolam-konsortium wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Ons is ook baie dankbaar vir die gemeenskap van Graaff-Reinet wie se betrokkenheid hierdie viering so onvergeetlik gemaak het.”

Pick ’n Pay se deurlopende borgskap van Lamb Champs het ook die weg gebaan vir hul eksklusiewe kleinhandelaanbieding van Lamb Champs-vleis, direk verkry vanaf deelnemende boere. Hierdie inisiatief ondersteun nie net familieboere nie, maar verseker ook dat Suid-Afrikaners regoor die land die hoogste gehalte Karoolam kan geniet.

Vir meer inligting oor Lamb Champs en opkomende geleenthede besoek www.lambchamps.co.za.

7 Comments

  1. 446932 143512informatii interesante si utile postate pe blogul dumneavoastra. dar ca si o paranteza , ce parere aveti de inchirierea apartamente vacanta ?. 319573

  2. 819220 240509Wonderful details, much better nonetheless to find out your blog that has a great layout. Nicely done 602762

  3. 105801 279520You produced some decent points there. I looked on the net for any issue and located most individuals goes along with together with your website. 93135

  4. 432126 166702There couple of fascinating points at some point in this posting but I dont determine if these men and women center to heart. There is some validity but Let me take hold opinion until I check into it further. Wonderful write-up , thanks and then we want more! Combined with FeedBurner in addition 721622

  5. 217517 878224I admire the beneficial facts you offer inside your articles. I will bookmark your weblog and also have my children verify up here often. Im very confident theyll learn a great deal of new things correct here than anybody else! 391619

  6. 826044 415310I recognize there is a superb deal of spam on this web site. Do you need to have aid cleaning them up? I might help in between courses! 549856

  7. 321646 515933Thanks for helping out, superb info . 819578

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *