All posts tagged: Africa Agri Tech

Tegnologie wys rigting vorentoe by Africa Agri Tech-konferensie

Pretoria was onlangs die tuiste van een van die belangrikste landbou-geleenthede op die kontinent: die Africa Agri Tech-konferensie en -ekspo by die WNNR-konferensiesentrum. Die byeenkoms het ‘n verskeidenheid kundiges, tegnoloë, boere, beleidsmakers en entrepreneurs van regoor Suid-Afrika en die wêreld saamgebring – almal met een doel: om te verstaan hoe tegnologie die toekoms van landbou kan vorm en verbeter.