Van ‘n Karakoelplaas na ‘n Alpakka-boerdery
“Ons het ons eerste alpakkas van ’n foto af gekoop. Toe die ses ooie uit Chili hier aankom, het ons bietjie geskrik, want hulle was soveel kleiner as op die foto. Toe besef ons dat die Suid-Amerikaanse Indiane wat saam met die alpakkas op die foto was, redelike kort mense is.”