Author: Bianca du Plessis

De Panne maak geskiedenis met dubbele kampioentitels by Swartlandskou

Die plaas De Panne, vernoem na die 11 waterpanne wat tydens die wintermaande oor ’n 40 hektaar-area vorm, is ’n hoeksteen van Angus-boerdery in die Wes-Kaap. Jannie Kotze se oupa, Jan, het die plaas in 1976 gekoop en as saaiboer begin. Jannie se ouers, Paul en Louise Kotze, het De Panne Angus in 1986 gestig, wat nou die oudste bestaande swart Angus-kudde in die Wes-Kaap is. Vandag bestuur Jannie en sy vrou, Annie, die plaas in Moorreesburg, waar hulle fokus op hoëgehalte geregistreerde en kommersiële Angus-vee, met die klem op voortreflike vleisproduksie, temperament en vrugbaarheid.

’n Kop vir sterk tee

Al die Slingers se teelane is organies en daar word geensins bespuit nie. Sowel Nicolaas as Andries is internasionaal gesertifiseerde organiese boere en lewer uitvoertee aan Rooibos Bpk. en Berg en Dal. Volgens Andries is die prys vir organiese tee ongeveer R5 tot R10 meer as konvensionele tee, en hulle het al tot R18 meer gekry. In 2019 het organiese rooibos R55/kg droë tee behaal, met winsdeling ingesluit.

Goud in ’n skulp

Eens volop perlemoen is deesdae amper soos die reuse seekatte wat skepe tydens die Middeleeue geteister het. Mitiese seemonsters waarvan jy hoor, maar nooit te siene kry nie. Almal wat oud genoeg is, het hopelik ’n hemelse herinnering van die eerste keer wat hulle perlemoen geëet het. Ek was twaalf en dit was ’n bakkie gemaalde perlemoen en alikreukel in suurlemoenbotter,bedien op sagte witrys. Tot vandag toe is hierdie smaakervaring een van my gunstelinge, maar ongelukkig was dit ook die laaste keer dat ek perlemoen geproe het.

Produsent se selfgeboude patent skep 800L biodiesel per week.

Toe diesel te duur raak, het Schenkfontein in 2014 hul eie biodiesel begin maak. Philip het ʼn kursus by Green Diesel in Stikland voltooi, en die plaas het ʼn biodiesel-stelsel van 150 liter gekoop. Met verloop van tyd is dit aangepas om die proses van drie na twee dae te bespoedig. Die stelsel is intussen vervang met ʼn selfgeboude patent wat vandag sowat 800L biodiesel per week produseer.

Waagmoed en flair by Haute Cabrière

Haute Cabrière is sedert sy ontstaan ​​‘n unieke bestemming in die Kaapse wynland, veral omdat dit wynliefhebbers inspireer om skoonheid en vreugde te geniet, deur sélf die lewe te vier as ‘n pragtige kunswerk. Ingemessel aan die voet van die majestieuse Franschhoek-bergpas, bied die plaas ‘n onvergeetlike trio van asemrowende uitsigte, sielskos en elegante wyne.