Direct Sales, farmers, News, Uncategorized
Leave a comment

Risikobestuur: Bou vandag aan ’n meer weerbare landbou-onderneming

In landbou is risiko onvermydelik. Hoe jy dit bestuur, maak die verskil.

Landbou is meer as voedselproduksie. Dit is ’n onderneming waarin kapitaal, mense, natuurlike hulpbronne en markte voortdurend saamwerk – dikwels onder uitdagende en onvoorspelbare omstandighede. Produsente neem daagliks besluite wat hul ondernemings se volhoubaarheid beïnvloed.

Hoewel nie alle risiko’s voorkom kan word nie, kan baie betyds geïdentifiseer en bestuur word. Doeltreffende risikobestuur begin lank voordat ’n krisis ontstaan.

Verstaan jou risiko voordat dit jou inhaal

Een van die belangrikste stappe is om jou boerdery as geheel te verstaan en verder te kyk as risiko’s wat onmiddellik sigbaar is.

Hoe afhanklik is jou boerdery van ’n enkele gewas of inkomstebron? Kan jou finansiële posisie ’n swak seisoen weerstaan? En weet jy presies watter risiko’s jou oes-versekeringsdekking aanspreek?

Deur hierdie vrae gereeld te vra, kan produsente risiko’s identifiseer voordat dit tot ernstige verliese lei.

Risikobestuur is nie ’n eenmalige oefening nie. Dit vereis deurlopende beplanning en aanpassings wanneer omstandighede verander.

Van voorkoming tot beskerming

Geen produsent kan die weer beheer nie, maar voorbereiding is moontlik. Praktiese risikobestuur sluit in om alternatiewe scenario’s vir moeilike seisoene te oorweeg.

Oesversekering vorm ook ’n belangrike deel van hierdie benadering. Die geskiktheid van dekking hang egter van die produsent se omstandighede, boerderypraktyke en polisvoorwaardes af.

Dit is noodsaaklik om dekking, uitsluitings, bybetalings en voorwaardes vooraf te verstaan. Vra betyds die regte vrae om onsekerheid later te beperk.

Risikobestuur is ’n spanpoging

’n Volhoubare landbou-onderneming vereis samewerking tussen die produsent, versekeringsmakelaar, AgriSeker en versekeraar.

Die makelaar is ’n onmisbare skakel. Omdat die makelaar die produsent se omstandighede, behoeftes en uitdagings verstaan, kan hy of sy help om risiko’s te identifiseer, geskikte versekerings-oplossings te oorweeg en seker te maak dat die produsent die omvang en voorwaardes van dekking verstaan. Die rol strek verder as die reël van ’n polis en sluit deurlopende advies, kommunikasie en ondersteuning in wanneer omstandighede verander of ’n eis ontstaan.

By AgriSeker dra onderskrywing, finansiële bestuur, eise, besigheidsontleding en spesialiskennis by tot die breër gesprek oor risiko. Samewerking met makelaars en produsente help om faktore raak te sien wat andersins misgekyk kan word.

Goeie risikobestuur gaan nie bloot daaroor om op verliese te reageer nie, maar om vooruit te beplan, ingeligte besluite te neem en saam oplossings te vind wat die onderneming se veerkragtigheid versterk.
 
Beplan vandag vir môre se onsekerheid

Landbou sal altyd onsekerhede in die gesig staar. Hoe beter produsente ingelig is, hoe beter kan hulle beplan en op veranderende omstandighede reageer.

AgriSeker deel weekliks die Cumulus-seisoenale vooruitskouing, saamgestel deur ons eie Reinhard Kuschke en dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad (LNR). Die verslag bied insig in verwagte weerpatrone, reënval-vooruitsigte en moontlike klimaat risiko’s wat produksie kan beïnvloed. Dit help produsente om weer- en klimaat risiko’s by hul beplanning in te sluit.

Die verslag ondersteun ingeligte besluitneming, maar vervang nie die gereelde hersiening van voorspellings en amptelike weerwaarskuwings nie.

Identifiseer jou grootste risiko’s, hersien jou versekeringsbehoeftes en bespreek moontlike scenario’s met jou adviseurs. Ondersoek ook watter voorkomende maatreëls jou blootstelling kan verminder.

By AgriSeker glo ons dat beter risikobestuur met beter insig begin. Deur kundigheid, tydige inligting en samewerking met produsente en makelaars te kombineer, help ons om ’n meer ingeligte en risiko-bewuste landbousektor te bevorder.

AgriSeker – want verantwoordelike risikobestuur is deel van ’n seker landbou toekoms.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *