Yara se YouTube-reeks: ’n viering van kos van grond tot mond
Yara Suid-Afrika, ’n groot rolspeler in landbou-innovasie en volhoubare boerdery, het op 22 Julie hul splinternuwe YouTube-kosreeks bekendgestel. Die eerste episode skop af met niemand anders nie as sjef Bertus Basson wat smaaklike gebakte aartappel nachos maak.

