Ons het die beste dagga ter wêreld – maar mag dit nie verkoop nie
Suid-Afrika staan op die vooraand van ’n groot ekonomiese en sosiale geleentheid: die kommersialisering van cannabis. Die plant, wat lank deel van tradisionele gebruike was, het die potensiaal om ’n miljard-rand-industrie te word, maar net as die regering dringend sy beleid hersien. So sê Alex de Wet, ‘n direkteur by die gesogte regsfirma Cliffe Dekker Hofmeyr (CDH).

