All posts tagged: doornkraal

“Ons boer met water en verkoop melk” – Doornkraal se boerderyleuse

Om by die drie broers Corné, Kosie en Sakkie du Plessis van Doornkraal Melkery aan te kom vir ’n 09h00 afspraak, en die afspraak word uitgestel tot 10h00, is ongetwyfeld ’n voorreg. Die voorafgaande word sonder ’n kriesel ironie bedoel. Vir die oningeligte kom die miernes van aktiwiteite voor as onverdunde chaos. Corné woel agter sy rekenaar en maak aantekenings in ’n notaboek. ’n Rits elektroniese monitors flits syfers langs hom wat gedurig verander. Kosie kom die vertrek binne, kyk nie links of regs nie, loer na iets op sy rekenaar en is weer vort.