Author: Hein Eksteen

“Ons boer met water en verkoop melk” – Doornkraal se boerderyleuse

Om by die drie broers Corné, Kosie en Sakkie du Plessis van Doornkraal Melkery aan te kom vir ’n 09h00 afspraak, en die afspraak word uitgestel tot 10h00, is ongetwyfeld ’n voorreg. Die voorafgaande word sonder ’n kriesel ironie bedoel. Vir die oningeligte kom die miernes van aktiwiteite voor as onverdunde chaos. Corné woel agter sy rekenaar en maak aantekenings in ’n notaboek. ’n Rits elektroniese monitors flits syfers langs hom wat gedurig verander. Kosie kom die vertrek binne, kyk nie links of regs nie, loer na iets op sy rekenaar en is weer vort.

Ivan Snyman se pad van Boksombende- held tot landbouinnovasie

Rooie? Is dit werklik jy?Inderdaad. Ivan Snyman bevestig hierdie verrassing deur met trots ’n foto op sy selfoon te wys. Daar pronk hy met die bekende bosrooi hare saam met sy mede-Boksombende- lede: Trompie, Rooie, Dawie en Blikkies. Die rooi hare is nou grys, maar die stout trek om die mond en in die oë bly behoue. Die logiese vraag: hoe loop ’n 15-jarige kind se lewenspad vanaf akteur, gebore en getoë in Roodepoort, tot by boer buite Vredenburg? Alvorens daarby uitgekom word, eers die geskiedenis van die plaas Snyman Landgoed. Wel, Ivan en sy wederhelf Antoinette trek vanaf Johannes- burg na Melkbosstrand. Die kusdorp word egter te groot en besig vir die twee, en hulle maak ander planne. Hierdie besigheid in Johannesburg? Die volgende verras- sing: Ivan bou kragstasies. “Met lockdown het ek permanent hier kom woon, maar het steeds die besigheid daar bo.” Bo en behalwe die 15 ha, huur hy nog 140 ha in die nabyheid. Hy produseer vrywei-hoendereiers en skaap. Vervolgens word voer aangeplant waarvan voerpillevir die skaap op die plaas …

Ontmoet SA se eerste kommersiële amandelboere

Amandels is die grootste neutgewas ter wêreld en word ook as die mees volwasse mark beskou, aangesien hierdie neut wêreldwyd verkoop word. Dit teenoor byvoorbeeld die pekanneut wat omtrent net na China uitgevoer word en dus as enkelmarkgewas beskou word. Pimperneute is weer ontsettend duur, maar behoort die pryse te daal aangesien daar enorme hoeveelhede in Amerika aangeplant is. En daarom fokus Amanteco op uitvoere, omdat hulle ʼn premium produk verbou.