All posts tagged: EAT-Lancet

Rooi-vleisbedryf vra vir balans en plaaslike konteks

Die herbekendstelling van die EAT-Lancet-kommissie se Planetêre Gesondheidsdieet het wêreldwyd weer gesprekke aangevuur oor die rol van rooivleis in ’n gesonde, volhoubare dieet. Die Red Meat Industry Services (RMIS) het kennis geneem van die nuutste verslag en sy groeiende invloed op beleidsvorming,  maar waarsku teen ’n eensydige dieetbenadering wat plaaslike werklikhede ignoreer.