US se landbouspan gaan Malawiese boere na alternatiewe help soek
Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe en sy internasionale vennote gaan Malawi probeer help om planne te maak hoe om minder afhanklik van tabakboerdery te word. Die Fakulteit en veral die Departement Landbou-Ekonomie is ‘n vennoot in ‘n nuwe inisiatief, die Sentrum vir Landbou-Transformasie in Malawi (M-CAT of Malawi Centre for Agricultural Transformation).