Modderdrift proe die soet van druif-toerisme
Die Beukes-familie se fokus op verbruikersbehoeftes het intussen uitgedy na agritoerisme. In die oesseisoen is Modderdrift die enigste plaas in die Hexriviervallei wat toeriste ontvang en toelaat om hulle eie druiwe te kom pluk. Pakstoorbesoeke word ook aangebied.