All posts tagged: plaasbakkies

Ballistiese beskerming binne bereik van meer bakkie-eienaars

Volwaardige voertuigpantser kan maklik byna R1 miljoen kos, maar ’n ligter beskermingsopsie vir die Toyota Hilux bied nou gedeeltelike beskerming teen 9 mm-handwapenvuur teen ’n heelwat laer intreeprys.Die gedagte aan ’n gepantserde voertuig laat ’n mens maklik dink aan veiligheidsmaatskappye, politici of hoërisikopersone. Maar in Suid-Afrika is die bakkie vir baie boere ook hul kantoor, werksvoertuig en daaglikse vervoermiddel.SVI Engineering het sy ballistiese beskermingsopsies vir die nuwe Toyota Hilux bekendgestel. Die maatskappy se omvattende B6-pakket kos byna R1 miljoen, uitgesluit BTW en die voertuig self, maar dit is die goedkoper B2 LITE-opsie wat waarskynlik vir ’n groter groep bakkie-eienaars interessant sal wees.