’n Etiket wat uitstaan
Die amper oorweldigende leiklipagtige mineraliteit is die eerste ding wat my opval, maar dit neem my twee slukke om te besef dat ek miskien nie gou weer so ’n Syrah gaan drink nie. Die wyn is taamlik lig en ingetoë, maar tannies en dig van elegante lae rooi- en swartbessiegeure, fynbosagtige speserygeure, swart olywe en donker blomme. Selfs die peper wat meeste van ons land se Shiraz-wyne so verniel, is gesofistikeerd en genadiglik in balans met die geur-kompleksiteit van hierdie hoogs indrukwekkende wyn.