Waar wynmaak en visvang ontmoet
“Die tuna was in 1979 so volop, vyf dae ná ek en my vrou, Elna, getroud is, is ek vir ses maande diepsee toe. Daar was so baie vis, jy kon daarop loop. Toe maak ek in ses maande genoeg geld om die plaas te koop,” se Piet Dreyer, wat sy wyn Raka vernoem het na sy geliefde boot waarmee hy vir dertig jaar in die diepsee om Afrika se suidpunt visgevang het.