RPO verwelkom minister se aankondiging oor nasionale inenting teen bek-en-klouseer
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het met entoesiasme gereageer op die minister se aankondiging dat die hele land teen bek-en-klouseer (BKK) ingeënt sal word. Hierdie stap word as ‘n historiese deurbraak beskou wat die rooivleisbedryf kan bevry van die ekonomiese verlamning wat die siekte veroorsaak.


