Red ‘n plaas – stap van Williston tot by Verneukpan
Klippies, sand en die dorre veld uitgestrek in ’n vlakte kombers. Boere, werkers, gemeenskap vasgehou in die dorre landskap. Al wat hulle ken is vasklou aan die laaste bietjie. Laaste bietjie geld, laaste bietjie voer en laaste bietjie vee.