Klippies, sand en die dorre veld uitgestrek in ’n vlakte kombers. Boere, werkers, gemeenskap vasgehou in die dorre landskap. Al wat hulle ken is vasklou aan die laaste bietjie. Laaste bietjie geld, laaste bietjie voer en laaste bietjie vee.

Op 13 April 2023 begin die RSG Red ’n Plaas en het meer as ‘n 110 stappers die Boesmanland Camino aangedurf om 166km af te lê vanaf Williston tot by Verneukpan. Elke stapper is gewapen met hulle eie rede waarom hulle die staptog aanpak. In 2021 het 21 stappers ‘n staptog aangedurf en van toe tot nou meer as R11 miljoen op die manier ingesamel. Die fondse is gebruik om mense in 21 gemeenskappe in die Noordkaap met humanitêre hulp by te staan.
Na agt dae, 309 423 treë en gemiddeld tussen 20 en 25km ‘n dag se stap, is Caritas Gemeenskap fokus ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat bygedra het tot die sukses van die RSG Camino. Dankbaar vir elkeen van die 110 stappers en honderde virtuele stappers van regoor die land, die gemeentes en ook donateurs wat hulle ondersteun het.
Hierdie staptog sal nie naastenby soveel belangstelling gewek het sonder die deelname van Suid-Afrika se bekendes soos; Jak De Priester, Lindie Stander, Amore Bekker, Elvis Blue en sy span, Johannes Bertus De Villiers en Reginald Qere Witbooi. Ons alombekende en geliefde radiostasie, RSG se deelname en dekking het die Camino ‘n nasionale geleentheid gemaak. Daar is geen grense aan wat RSG vir die landbou gemeenskap beteken nie.

Die ingesamelde fondse sal aangewend word om humanitêre behoeftes in die droogte geteisterde gebiede in die Noord-Kaap te verlig. Om skoolgaande leerders en studente aan tersiêre inrigtings finansieel te ondersteun om hulle studies te kan voortsit, is een van die maniere waarop die geld gebruik word.
Die gebruik van die fondse word volgens duidelike en deursigtige riglyne gedoen. Die verspreiding van fondse word na ‘n deeglike assessering, motivering en goedkeuring gedoen in samewerking met Agri Noord-Kaap en die NG Kerk in Noord-Kaapland.

Projekte soos die Camino is deel van ‘n deurlopende veldtog om ondersteuning te bied aan landbou gemeenskappe wat sedert 2013 deur die effek van die droogte geraak word. Persone wat bydraes wil maak kan betrokke raak deur die Agri Northern Cape Foundation te skakel. ANCF is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat spesifiek fokus op rampverligting in die Noord-Kaap.
Nog stories van ons sout-van-die-aarde landboumense: