All posts tagged: SA Nasionale Veilingskampioen

Die fyn kuns van die veiling

Vir Vincent Pike is ’n goeie veiling nie net ’n vinnige tong en ’n sterk stem nie. In die lewendehawebedryf verg dit markkennis, diere-oordeel en die vermoë om binne sekondes die regte besluit te neem. Wanneer ’n lewendehaweveiling aan die gang is, lyk dit vir die oningewyde dalk soos ’n vinnige spel van nommers, handgebare en ritme. Maar vir Vincent Pike, vanjaar se SA Nasionale Veilingskampioen, is daar baie meer op die spel as net die volgende bod. As lewendehaweveilingsmeester by Vleissentraal Bethlehem werk hy daagliks in ’n omgewing waar pryse, dieregehalte, markvraag en menseverhoudings almal tegelyk gelees moet word. Dit is juis dié kombinasie van tegniese kennis en mense-instink wat hom vanjaar weer die hoogste eer in die South African Institute of Auctioneers (SAIA) se SA Nasionale Veilingskampioenskap besorg het. Die ring vra kennis en ritme Pike, wat reeds in 2024 as SAIA se Veilingsmeester van die Jaar aangewys is, het vanjaar weer teen topveilingsmeesters van regoor die land meegeding. Die kampioenskap is onlangs by die Wanderers Club in Johannesburg aangebied, waar deelnemers verskeie …