Skaaphonde en Boerboelle wys hul slag in Bredasdorp
NAMPO Kaap 2025, wat van 10-13 September by Bredasdorp Park aangebied word, bied vanjaar ’n dinamiese program waar werkende honde die kollig steel. Van die intelligensie van skaaphonde en die krag van Boerboele tot die presisie van die SA Lugmag se honde-eenheid – besoekers kan uitsien na ’n reeks demonstrasies wat die unieke rol van honde in landbou en veiligheid beklemtoon.

