Toekenning van plase moet reg hanteer word
Die regering se planne om 896 plase van ongeveer 700 000 ha ongebruikte landbougrond aan nuwe boere beskikbaar te stel, is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, deels ’n poging om die herverdeling van grond vreedsaam aan te pak en om grondeienaarskap deur ’n doeltreffende grondhervormingsprogram te volg.