Author: Danie Keet

Die vonkel van volharding: Elize-Gerda Beukes se liefde vir die land

‘n Vonkel in die oog beteken gewoonlik opgewondenheid en afwagting op iets goeds wat kan gebeur. Dit vertel ook soms die verhaal van ondeundheid en ‘n ligtelike uitkyk op die lewe. Maar as jy die vonkel in die oë van Elize-Gerda Beukes sien, vertel dit ‘n heel ander verhaal. Daardie verhaal is een van deursettingsvermoeë, passie, doelgerigtheid en ‘n liefde vir die boerdery. Veral vir vee en die wingerde wat haar oupa al hier op Skaapeiland geplant het – lank gelede in die 1930’s.

Oos-Kaapse wenboer André Kritzinger: Begin in die diep kant, dan móét jy swem

André Kritzinger is pas aangewys as die Jongboer van die Jaar in die Oos-Kaap. André staan nou in beheer van hierdie mega-boerdery nadat sy pa, Bokkie, enkele jare gelede tragies in ’n motorfietsongeluk oorlede is en hy noodgedwonge moes inspring. Dit is duidelik dat hy die leisels op Tulpieskraal stewig in albei hande het en presies weet waarheen hy oppad is.

Jongboere wat inspireer – twee wenners, twee stories van groei

Twee toegewyde jong boere is onlangs bekroon vir hul betrokkenheid en leierskap in Suid-Afrikaanse landbou. Die kompetisies, aangebied deur onderskeidelik AgriCulture Mpumalanga en Agri Wes-Kaap, dien as belangrike platforms om toekomstige landbouleiers te identifiseer en aan te moedig. Deur debat en netwerkgeleenthede binne georganiseerde landbou te bevorder, speel dit ’n sleutelrol in die deel van kennis.

Witelsboom: Shiraz in die wingerd, propolis in die pot

Dis ’n warm somersmiddag in die Breedevallei – selfs die sonbesies kry swaar. Ons kuier by Danie en Helene Zeeman op die plaas Witelsboom. Die familie se twee honde maak hul langs ons tuis, en Helene bring koue koel-drank. “Toemaar, dis net die boerboel wat vleis eet,” stel Danie ons laggend gerus toe hy sien ons kyk maar ver-sigtig in sy rigting.

Van kudde tot kroon: Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere?

Die 2024 ARC Nasionale Meestersuiwelboer Toekennings het weereens die uitblinkers in Suid-Afrika se suiwelbedryf vereer. Hierdie toekennings, aangebied deur die Landbounavorsingsraad (LNR), beklemtoon prestasie en uitnemendheid in vyf sleutelareas: kuddebestuur, somatiese seltelling, sowel as kleinskaal-, mediumskaal- en grootskaalsuiwel-boerdery. Die wenners word erken vir hul toewyding aan genetiese verbetering en produksie van gehalte deur gevorderde boerderytegnieke en samewerking. Hier is die wenners van 2024:• Grootskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Foundation Farm (Barry en Jane Schiever), Weenen, KwaZulu-Natal• Mediumskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Heidelberg, Wes-Kaap• Kleinskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Gugulomuzi Ngcobo, Donnybrook, KwaZulu-Natal• Kudde met die beste somatiese seltelling: E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap, met 157 000 selle/ml• Kudde met die beste tussenkalfperiode: Packwood Farm (Heinrich Hurter), Plettenbergbaai, Wes-Kaap, met ‘n tussenkalfperiode van slegs 391 daeGrond tot Mond het met hierdie inspirerende wenners gesels om meer oor hul prestasies en strategieë te leer. BARRY SCHIEVER VAN FOUNDATION FARMVan kudde- tot mensebestuurder is die sukses Om die eienskappe van ’n goeie of suksesvolle melkboer saam te vat, is …