Samewerking om Kaapstad-hawe se kapasiteit te verbeter
Belanghebbendes in die vrugte-uitvoerbedryf, die Wes-Kaapse Regering en Transnet Hawe Terminals werk nou saam om die Kaapstad Houerterminal (CTCT) se werkverrigting te verbeter.
Belanghebbendes in die vrugte-uitvoerbedryf, die Wes-Kaapse Regering en Transnet Hawe Terminals werk nou saam om die Kaapstad Houerterminal (CTCT) se werkverrigting te verbeter.
Die onlangs vrygestelde Container Port Performance Index (CPPI) onthul dat vier van Suid-Afrika se hawens steeds onder die swakste presterende in die wêreld tel, met Kaapstad laaste, terwyl Oos- en Suidoos-Asiatiese hawens in 2023 uitblink.