Nuwe tegnologie werp lig op jakkalsgedrag
’n Sonkragaangedrewe moniteringstelsel wat aan die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, help navorsers om jakkalsgedrag dag en nag vas te lê. Die data kan uiteindelik help om predasiebestuur meer doelgerig te maak.


