Het SA ‘n gebrek aan voedselsekuriteit of het ons ‘n akute geval van voedselvermorsing?
In die oomblik wat jy oorweeg of jy kos moet weggooi of nie, hoor jy miskien die wyse stem van jou ouers wat sulke optrede afgeraai het. “Dink aan al die honger gesinne wat sukkel om ‘n daaglikse maaltyd te bekom en miskien aan die strate uitgelewer is, vóór jy daardie half-geëte toebroodjie weggooi.”