News
comment 1

Het SA ‘n gebrek aan voedselsekuriteit of het ons ‘n akute geval van voedselvermorsing?

In die oomblik wat jy oorweeg of jy kos moet weggooi of nie, hoor jy miskien die wyse stem van jou ouers wat sulke optrede afgeraai het. “Dink aan al die honger gesinne wat sukkel om ‘n daaglikse maaltyd te bekom en miskien aan die strate uitgelewer is, vóór jy daardie half-geëte toebroodjie weggooi.”

Skokkend: ’n Derde van alle voedsel in Suid-Afrika word vermors en nie geëet nie, oorwegend deur produsente en kleinhandelaars.

As jy vandag spaar, sal jy more hê, nie waar nie?

Suid-Afrikaners gee nie ag op hierdie bekende idioom nie.  Volgens ‘n skokkende verslag, 2017 Food Loss and Waste: Facts and Futures, saamgestel deur die Wêreldwye Fonds vir die Natuur (WWF-SA), word ‘n derde van alle voedsel in die land vermors en nie geëet nie.  Dit is gelykstaande aan 10 miljoen ton voedsel per jaar, ‘n derde van die 31 miljoen ton voedsel wat elke jaar in Suid-Afrika geproduseer word.  Van die vermorste kos is 44% vrugte en groente, 26% graan, 15% vleis, en die ander 13% bestaan uit wortels, knolle en oliesade.  ‘n Groot proporsie van hierdie voedselvermorsing vind op beide produksie- en kleinhandelvlak plaas.

Van die vermorste kos is 44% vrugte en groente, 26% graan, 15% vleis, en die ander 13% bestaan uit wortels, knolle en oliesade.  

Die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (WNNR) skat dat in 2013 ‘n skokkende R71,4 miljard aan oneetbare voedselafval vermors is.  Dié syfer kan vandag nog baie hoër wees.

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.