Ek is Carla Meyer en ek het in die Kaap grootgeword, maar ek het die stad vir die plaas verruil toe die liefde van my lewe oor my pad gekom het. Ek en Dirkie is 3 jaar gelede getroud en ons boer tans hier in die Kliprand-omgewing (Wes-Kaap) en ook in Boesmanland (Noord-Kaap).
Ons het in 2016 by Dirkie Kotze gaan kuier. Hy boer met skape en Brahmanbeeste naby Gamoep, 120 km van Springbok af.
Daar was toe al ʼn erge droogte en ons het die Saterdagmiddag veld toe gery om die beeste voer te gee. Ek is lief daarvoor om foto’s te neem, daarom het ek altyd my kamera by my. Die Brahmane is vir my vreeslik mooi en ek hoop hierdie foto’s “praat” ook met julle soos met my!
Fotograaf: Carla Meyer | info@carlaphotography.co.za | www.carlaphotography.co.za