Farm to Fork
Leave a comment

Hoender Bunny Chow in blikbroodjies

Woorde: Jacques van Zyl Fotografie: Dewald Kirsten

Die Lötters se plaas, Vrede, in die Hemel-en-Aarde-vallei buite Hermanus, was aanvanklik ‘n groenteplaas, maar die groot kettingwinkels het hulle aankope en store begin sentraliseer wat dit haas onmoontlik gemaak het om groente aan selfs die kleiner winkels te lewer. Ek het gedink ek gaan crafts met die plaasmeisies doen; en hier en daar ‘n muffin,” vertel Nita. “En ‘n coffee shop,” voeg Jadri by. “Genade weet hoe dit gebeur het, maar skielik het alles in ‘n restaurant verander.” Met of sonder die winkeltjie genereer die restaurant vandag een van die plaas se grootste inkomstestrome. Mens kan eenvoudig nie die impak van toerisme onderskat nie.

Wanneer die Bunny Chow opdaag, weet ek nie waar om te begin nie. Die bunny chow behels ‘n tuisgemaakte broodjie en kom saam met ‘n poppadom en blatjang. Nita het gewaarsku dat dit dalk te branderig gaan wees, maar ek proe die rissie beswaarlik deur die aangename aromatiese kerriegeure.

PLAASSTYL HOENDER BUNNY CHOW:

Bestanddele:

  • 12 hoenderborsies, vel en al
  • 4 groot uie
  • 2 eetlepels kookolie
  • 4 wortels  
  • 5 aartappels
  • 1 blik klappermelk
  • 2 eetlepels vars rissies
  • ’n knippie sout
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • ’n koppie water

Metode: 

Braai die uie tot bruin in olie. Voeg wortels en aartappels by en braai verder. As mengsel te droog is, kan jy ’n klein bietjie water ingooi (maar nie te veel nie). Braai hoender in ’n aparte kastrol tot dit lekker bruin is. Voeg die uie-mengsel by die hoender en gooi die blik klappermelk by. Kook vir minstens 10 minute lank en maak seker dat die hoender in klein genoeg stukke opbreek. Skep op in blikbroodjies en versier met vars vinkel. Bedien met blatjang, poppadoms, vars gekapte uie, tamatie en komkommer en jogurt gegeur met varsgekapte koljander-blare.

BLIKBROODJIES:

Bestanddele:

  • 4-6 skoon, leë blikkies (groot tuna-blikke)
  • 4 koppies witbroodmeel  
  • 10 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 1 pakkie pers Anchor-kitsgis
  • 450 ml louwarm water
  • 75 ml olyfolie

Metode: 

Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer die blikke goed of spuit met kossproei. Meng al die droë bestanddele in ’n groot bak. Meng die olie en water apart. Voeg die vloeistof bietjie vir bietjie by die droë mengsel, tot ’n sagte deeg vorm. Knie die deegmengsel tot dit elasties voel. Laat staan dit vir 30 minute om te rys. Knie dit weer af. Deel deeg op om dit in gesmeerde blikkies of panne te sit en laat dit weer ’n bietjie rys. Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar. Haal broodjies uit die blikkies. Sny die bokant van die broodjies af en hol effens uit om die Bunny Chow-mengsel bo-op te skep.


Resep: Nita Lötter van Die Plaaskombuis | www.dieplaaskombuishermanus.co.za

Filed under: Farm to Fork

by

A writer with a passion for the arts – including the art of cooking. Jacques concentrates on the stories that surround the people who are involved in making food, craft beer and wine. He received an award at the 2015 Franschhoek Literary Festival and the South African Wine Writers’ Awards. Another feather in his cap is that he is the author of Craft Beer: A Guide to South African Craft Breweries and Brewers. He is a writer of superior calibre and extensive creativity.

Leave a Reply

Your email address will not be published.