Hoender Bunny Chow in blikbroodjies
Wanneer die Bunny Chow opdaag, weet ek nie waar om te begin nie. Die bunny chow behels ‘n tuisgemaakte broodjie en kom saam met ‘n poppadom en blatjang. Nita het gewaarsku dat dit dalk te branderig gaan wees, maar ek proe die rissie beswaarlik deur die aangename aromatiese kerriegeure.