23 Februarie 2021
Agri SA het sy kommentaar op die Onteieningswetsontwerp op 22 Februarie 2021 elektronies by die Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur ingedien, sê Annelize Crosby, die organisasie se hoof van Grondsake. Dit is gedoen met die mandaat van al dié organisasie se affiliasies.

Agri SA het twee studies ter ondersteuning van die kommentaar laat doen, naamlik ’n studie oor die ekonomiese uitwerking van ’n benadering van nulvergoeding of minimale vergoeding asook ’n studie oor die uitwerking van die Covid-19-pandemie op die landbousektor. “Die organisasie het verder ook regsadvies oor die aangeleentheid ingewin, wat gebruik is in die opstel van die skriftelike voorlegging.”
“Die organisasie het verder ook regsadvies oor die aangeleentheid ingewin, wat gebruik is in die opstel van die skriftelike voorlegging.”
Agri SA se voorlegging behels kortliks die volgende hoofpunte:
- Agri SA verteenwoordig die grootste groep landelike grondeienaars en wil ’n volhoubare, lewensvatbare sektor verseker.
- Die landbouers van vandag kan nie alleen aanspreeklik gehou word vir historiese gebeure nie en daar kan nie van hulle verwag word om die las van die apartheid-era se ontnemings te dra nie.
- Agri SA se ondersteuning van vryemarkbeginsels bly onveranderd.
- Grondeienaars wie se grond onteien word, moet altyd die reg hê om hulle tot die howe te wend.
- Verwysing word gemaak na die ekonomiese studie oor die potensiële ekonomiese gevolge van nulvergoeding of minimale vergoeding en spesifiek die uitwerking op kapitaal-vorming asook van die studie oor die uitwerking van die pandemie op die landbousektor.
- Die internasionale perspektief word gestel dat die meeste lande se grondwette vergoeding vereis en daar word verwys na die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie se studie oor beste praktyk vir verpligte verkryging van eiendom.
- Lesse geleer uit Zimbabwe en Venezuela word gedeel en illustreer die rampspoedige gevolge van hul grondbeleid vir hul onderskeie ekonomieë.
- Die belastingimplikasies in terme van ’n potensiële verlies aan belastinginkomste vir die regering word ook beklemtoon asook die potensiële nadelige uitwerking op voedselsekerheid.
- Kommentaar op spesifieke definisies en klousules, soos die omskrywing van ‘onteiening’ en ‘openbare belang’ en die R0-vergoedingklousules.
- Agri SA voel sterk daaroor dat grondeienaars onmiddellik genoegsame en effektiewe vergoeding behoort te ontvang, wat hulle dan in staat sal stel om elders weer te begin, en hulle moet nie swakker daaraan toe wees as gevolg van die onteiening nie.

24284 640084There is noticeably lots of cash to comprehend this. I assume you produced certain good points in functions also. 376474
900728 481962Hello! I simply want to make a enormous thumbs up with the wonderful information youve here during this post. We are returning to your blog for additional soon. 466058
Your article helped me a lot, is there any more related content? Thanks!
914247 662509Thanks for all your efforts that you have put in this. really interesting information . 845916
809904 741301extremely great publish, i in fact really like this web web site, carry on it 54585