
Suid-Afrikaanse wyne het uitgeblink by een van die wêreld se mees uitgelese wynkompetisies vir Sauvignon Blanc. Tokara se Reserve Collection Sauvignon Blanc 2020 het geskiedenis gemaak toe dit die Dubourdieu trofee ontvang het vir die beste Sauvignon Blanc by die 12de Concours Mondial du Sauvignon. Dit is die eerste maal in die geskiedenis van dié kompetisie dat ʼn Suid-Afrikaanse wyn hierdie titel opraap. Suid-Afrika het ook 11 goue en nege silwer medaljes gewen.
“Suid-Afrika is deesdae ʼn waardige wêreldspeler as dit kom by Sauvignon Blanc,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA. “Baie geluk aan Tokara met hierdie uitsonderlike prestasie en aan al die ander deelnemers wat uitgeblink het en die Suid-Afrikaanse vlag internasionaal hier hoog gevlieg het.
“Dis jare se harde werk wat nou vrugte afwerp. Ons is verheug en opgewonde met die diversiteit van ons wynbedryf wat in hierdie resultate gereflekteer word.”
RJ Botha
Stuart Botha, wynmaker by Tokara sê hulle het die 2020-oesjaar doelbewus later in die jaar uitgereik om die sap meer tyd op die gismoer toe te laat. Hierdie besluit het uitstekende vrugte afgewerp. “Die wyn het ʼn fantastiese tekstuur in die mond,” sê hy. “Hierdie is die x-faktor waarvoor ek nog altyd gesoek het. Die Tokara Highlands-eiendom het nog altyd geure en aromas uiters goed uitgedruk. Dit was fantasties om al hierdie elemente in hierdie spesiale oesjaar vas te vang. Ons het nog altyd geglo die Tokara Hanghlands-ligging het buitengewone potensiaal en dit is lekker om te sien dit het wel by hierdie vooraanstaande kompetisie gerealiseer.”
Meer as 1 200 wyne is deur ʼn paneel beoordelaars oor vier dae beoordeel met slegs een doel voor oë, om wyn van hoogstaande kwaliteit te identifiseer. Streng veiligheidstandaarde is weens die pandemie gehandhaaf, van die tafeluitleg tot die voorsit van die wyne en ontsmetting van die toerusting. Al die wyne wat ingeskryf is vir die kompetisie is geproe en punte is toegeken volgens die vorm wat deur die Concours Mondial se tegniese direkteure ontwikkel is en gebaseer is op die model afkomstig van die OIV en die International Oenologists Association.
Goue medaljes is toegeken aan die Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2020, Delaire Graff Coastal Cuvee Sauvignon Blanc 2015, Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2019, Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2020, Ghost Corner Sauvignon Blanc 2020, Ghost Corner Wild Ferment 2019, Groote Post Seasalter 2020, Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019, Painted Wolf Lightning Sauvignon Blanc 2020, en die Elgin Vintners Ridgelands Sandstone 2020.
Silwer medaljes is toegeken aan die Bellingham Homestead Sauvignon Blanc 2020, Boschendal 1685 Sauvignon Blanc 2020, Constantia Uitsig Sauvignon Blanc 2020, Delaire Graff Coastal Cuvée Sauvignon Blanc 2020, Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2020, Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020, Free Run Sauvignon Blanc Reserve 2020 van Accolade Wines, Maastricht Sauvignon Blanc 2020, en Villion Trust se Sarel Seemonster 2020.
Vind die volle resultate van die kompetisie by https://cmsauvignon.com/en/


51493 817572hey good internet site i will definaely come back and see once more. 569802
878696 138131A domain name is an identification label which defines a realm of administrative autonomy, authority, or control within the Internet. Domain names are also critica for domain hostingwebsite hosting 790303
478057 122525An interesting discussion is price comment. I believe that you must write extra on this topic, it might not be a taboo subject but usually individuals are not enough to talk on such topics. Towards the next. Cheers 153793
997005 425468An fascinating discussion may be worth comment. I feel you need to write on this subject, it may well undoubtedly be a taboo topic but normally individuals are not enough to dicuss on such topics. To a higher. Cheers 2221
305365 545854Hey, you used to write fantastic, but the last couple of posts have been kinda boring I miss your tremendous writings. Past few posts are just slightly out of track! come on! 619300
694802 368440While youre any with the lucky enough choices, it comes evidently, whilst capture the fancy of the certain coveted by ly folks other helpful you you meet could possibly properly have hard times this specific dilemma. pre owned awnings 784668
729964 97975Wonderful post is going to be linking this on a couple of internet sites of mine maintain up the excellent work. 621666
422660 459283I respect your piece of work, appreciate it for all of the interesting content material . 70556
364275 717305I got what you intend,bookmarked , quite decent internet website . 715116
721537 701350The Twitter application page will open. This is excellent if youve got a few thousand followers, but as you get a lot more and a lot more the usefulness of this tool is downgraded. 98509
163382 32200I visited a great deal of web site but I conceive this one holds something extra in it in it 233444