News
comments 3

Baanbreker digitale veilingplatform van stapel gestuur.

Nuwe tegnologie en die gebruik van data raak elke bedryf en landbou is geen uitsondering nie. Verbruikers ontdek voortdurend meer produktiewe en koste-effektiewe metodes om dieselfde taak uit te voer en hulle verwag nie meer net die ervaring wat hulle voorheen aangebied is nie, maar ontwikkel ook baie hoër verwagtinge.

Nie-lewensversekeraar, Old Mutual Insure, en die SwiftVEE AgriTech-maatskappy, is opgewonde om die bekendstelling van VEESure aan te kondig – die nuwe digitale versekeringsoplossing wat ontwerp is om die veranderende behoeftes van die Suid-Afrikaanse veekoper- en produksieveilingsmark te ondersteun.

“As die innoveerders van aanlyn-veeveilings in Suid-Afrika, is ons trots daarop om die leemte tussen tradisionele landboubesigheid en die voordele van die nuutste tegnologie te oorbrug. Ons is opgewonde om saam met Old Mutual Insure te werk en die weg vir innovasie in die landbouversekeringsektor te baan, wat beduidende waarde vir alle belanghebbendes sal toevoeg,” sê Russel Luck, Uitvoerende hoof van SwiftVEE.

“Boere aanvaar tegnologie al hoe meer. Hulle wil knoppies druk en nie tyd mors om eindelose vorms in te vul wanneer hulle lewendehawe koop nie. Agterna wil hulle egter in persoon met iemand werk, iemand wat hulle kan vertrou. Die VEESure-oplossing doen juis dit, aanlynversekering met ‘n persoonlike aanslag,”

JP Swart van SwiftVEE

“Met hierdie baanbreker tegnologie bied ons toegang tot ‘n digitale ekosisteem vir die lewendehawe-koper. Hulle kan nou diere aanlyn koop via ‘n regstreekse stroming virtuele veiling, kontak met die lewendehawe-agent en die afslaer maak en toegang tot die VEESure-aanlynversekeringsoplossing verkry om hulle nuwe trotse belegging te beskerm. Alles op een platform by die verkooppunt en vanuit die gemak van hul huis of kantoor,” voeg Hannes Smith, Uitvoerende hoof van Alternatiewe Besigheidsoplossings by Old Mutual Insure, by.

“Boere aanvaar tegnologie al hoe meer. Hulle wil knoppies druk en nie tyd mors om eindelose vorms in te vul wanneer hulle lewendehawe koop nie. Agterna wil hulle egter in persoon met iemand werk, iemand wat hulle kan vertrou. Die VEESure-oplossing doen juis dit, aanlynversekering met ‘n persoonlike aanslag,” sê JP Swart van SwiftVEE.

Mense wil weet wat die naam van die persoon is wat hulle sal help in die toekoms nadat hulle ‘n produk aanlyn gekoop het. VeeSure bied ‘n diensmodel waar kliënte toegang het tot die Old Mutual Insure Landbou Dienste- en Eise-spesialis-ondersteuning-spanne.

“Dit is ‘n opwindende oomblik in ‘n nuwe era. Saam het Old Mutual Insure en SwiftVEE ‘n kombinasie van hulpbronne, data- en digitale vermoëns, tegnologie en landbourisiko-kundigheid om hierdie eerste-in-die-mark innovasie en moeitelose ervaring aan kliënte te bied. Dit gaan daaroor om verder as die voor-die-hand‑liggende kliënte behoeftes te beweeg en die grense uit te brei om te lewer wat ons kliënte graag in die toekoms sal wil laat ervaar,” sê Liza de Beer, Produkontwikkelingsbestuurder by Old Mutual Insure.

Vir meer inligting, besoek www.swiftvee.com of stuur ‘n e-pos na hello@swiftvee.com of Auction.Sales@ominsure.co.za.

3 Comments

  1. 71969 444197Does your web site have a contact page? Im having trouble locating it but, Id like to send you an e-mail. Ive got some suggestions for your blog you might be interested in hearing. Either way, fantastic blog and I appear forward to seeing it develop over time. 683865

  2. 73011 634228Very good day! This post could not be written any much better! Reading this post reminds me of my previous room mate! He always kept chatting about this. I will forward this write-up to him. Fairly certain he will have a good read. Thanks for sharing! 912538

  3. vox casino says:

    971246 503102Visit our website for information about securities based lending and much more. There is info about stock and equity loans as well as application forms. 395979

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *