farmers
comment 1

Die winter uitgawe is nou op die rakke

Die winter uitgawe is nou op die rakke by jou naaste Checkers, Shoprite, OK, Spar, Exclusive Books-winkels en sommige garage-geriefwinkels.

Ons voorblad paartjie is Craig en Carol Houston van Mooirivier in Kwazulu-Natal. Melkboerdery loop deur hulle are en dis hoe dit hoort want melkboerdery is een van die mees uitdagende maniere om ʼn lewe te maak.

Kontak ons gerus indien jy meer inligting benodig oor jou naaste winkel wat Grond tot Mond verkoop: info@grondtotmond.co.za

Hieronder is ‘n voorsmakie van die uitgawe se artikels.


Hoe lyk die toonbeeld van ʼn tipiese boer? Manlik of vroulik? Ongekunsteld of gesofistikeerd? Saggeaard of hardebaard? Ons fokus die kollig op ʼn paar wat stereotipes uitdaag.

NISBOERE:
Vars lug, vars water, vars vis. Fynkos uit die boonste rakke word by hierdie reënboogforelplaas aan die voet van die Giant’s Castle-natuurreservaat gekweek. Bushman’s River Trout Hatchery gedy in die tintelende berglug.

LANDBOUTOERISME:
ʼn Lus vir die oog, die maag en die hart – moenie dink ʼn hartspesialis weet nie veel van enigiets anders nie. Hierdie een dra ook kennis van die onthaal-, kuns-, bierbrou- en teelbedryf. En dis nie al nie.

WAARDEKETTING:
ʼn Liefde vir soet melk het als begin. Toe Grant Warren sien hoe ʼn Fransman harte met sagte kaas verower, het hy ook ʼn kaasdoek of twee aangeskaf. La Petite France se kase is die heerlike resultaat.

PLAASKUNS:
Jacqueline Chantler, ʼn plaasmeise, verloor haar kunstenaarshart op omtrent elke diereskedel wat sy verf en versier. Belangstelling in haar besonderse koppe neem toe.

NISBOERE:
Oud en jonk baat by bossietee – ʼn Gemeenskap gebruik tradisionele kennis vir bemagtiging en kweek ʼn blink toekoms vir die jeug. En binnekort gaan die gesondheidsvoordele van Diya- en Tepane-tee die buiteland bereik.

NISBOERE:
Drie vriende se ongewone slakstorie – ʼn Saamkuiery gee geboorte aan ‘n wilde idee wat, tot almal se verbasing, lewe kry. CSC Heliculture seil vinniger as verwag (en effe glibberig) vooruit.

WAARDEKETTING:
Na Roemenië, met liefde – larelange ondervinding as rondreisende wynmaker het Albertus van der Merwe die vermoë gegee om geleenthede buite grense raak te sien.

MEGABOER:
Soete sitrus vang die oog – netjiese treine van helderkleurige mandaryne dui aan dat WJ Kruger Boerdery op toewyding en kwaliteit geskool is. Geen wonder dat Willem en Sanet Kruger trots daarop is nie.

NISBOERE:
Mikrogroente se superioriteit – Bruce en Gillian Milne praat oor die groot voedingswaarde van hul piepklein groente. Country Bounty lewer hierdie superieure blaartjies aan klante regoor Suid-Afrika.

VOLHOUBAARHEID:
Visie en uitsig is alles – Viljoensdrift is welbekend vir by bekroonde wyn. Broers Fred en Manie Viljoen maak seker dat hulle tred hou met veranderinge in landbou en marktendense.

VROUEBOERE:
Suikerbosfontein se skoonheid – Savon se badseep-reeks met hul pragtige verpakking, is bekend en gesog. Ons vind by Martinette Ziman uit hoe hierdie besigheid begin het.

VROUEBOERE:
de Boerin gee geboorte aan goeie goed. Libby de Villiers en Melissa van Rooyen omskep blomme, olyfolie en byewas in pragtige kosbaarhede op Kleinood naby Stellenbosch. Hulle eerlike, aardse produkte trek oral aandag.

DIE PAD TUSSEN BOER EN JAN PUBLIEK:
Omskep ʼn deel van jou plaas in ʼn kampeerterrein. Diversifiseer sonder ʼn groot kapitaaluitleg deur ʼn kampeerterrein te skep.

BOEKRAK:
Die Boekeblad – leesstof vir liggaam en siel.

AGRI-TEGNOLOGIE:
Tops met Agri-toeps! Die beste apps om die lewe makliker te maak.

REIS SAAM MET HEIN:
Padportrette – Hein Eksteen spekuleer dat ons almal ʼn bietjie Afrika in ons binneste dra – die soeke na onvoorspelbaarheid, ooptes en vredeliewende wilde diere.

www.grondtotmond.com

1 Comment

  1. Manajemen says:

    good information to broaden my horizons but if there is any other information if you can let me know

Leave a Reply

Your email address will not be published.