farmers, Through the lens
Leave a comment

Portret van ‘n Boer

DIAAN TERBLANCHE | Freudenhoff Boerdery, Marble Hall, Limpopo
Woorde: Clifford Roberts | Foto: Mia Truter


Diaan boer so 30 km suid van Marble Hall. Hy het 480 hektaar onder verskeie gewasse. Hy boer hoofsaaklik met 100 ha sitrus wat tans in produksie is, 80 ha tabak en 100 ha aartappels in die somer wat afneem tot 20 ha in die winter. Diaan plant ook katoen wat as ʼn wisselgewas gebruik word.

Sy katoen – die DP1240 kultivar – word deur ‘n katoenplukker geoes en in
reuse “brode” saamgepers. Elke brood weeg tussen sewe en nege ton. Dié word dan opgelaai en na die Vaalharts-katoen-pluismeule vervoer waar dit verwerk word. “Katoen is een van die makliker produkte om mee te boer,” sê Diaan.

“Hy het lae insetkoste (R25 000-R30 000/ha), groei maklik – afhangend van reënval en temperatuur. Jy moet hom net ‘n bietjie in sy groei briek.”

“Op hierdie pad was daar so baie lesse om te leer. Die duurste was om na ander mense te luister en nie te doen wat ek geweet het reg was nie.”

“In die begin gaan dit maar swaar. Daar is geen keer in foute as dit by boerdery kom nie en die natuur speel ook nie altyd saam nie,” gesels hy. Die paadjie wat jy loop is nie maklik nie, erken hy.

Daar is baie werkers en hul families wat van die boerdery afhanklik is. Maar deesdae voel hy effe nader aan die betekenis van die naam Freudenhoff, of tuin van vreugde, waar dit die boerdery betref. 


Filed under: farmers, Through the lens

by

Clifford has been a journalist and writer since the early 1990s. During that time – as he worked amidst the commotion of township demonstrations, among farmers, and in remote villages across the country – he discovered the stark truth about what makes us human. Nowadays he lives in a city close to the ocean which he loves, but he still brings homage to this truth by contributing to a variety of national publications. “The words of a song by Stef Bos apply to me because I will ‘always be en route’,” he says.

Leave a Reply

Your email address will not be published.