Author: Clifford Roberts

Velddrif se Vissers maak skoonskip met landboutoerisme

Woorde: Clifford Roberts Fotografie: Mia Truter Volstruisvlei is ’n ou plaas met ’n ryk geskiedenis, en Gielie Visser is die derde generasie wat hier boer. Die 1 640 ha grond lê op die R399 op pad na Piketberg. Tot 1950 – toe die brug oor die Bergrivier geopen het – moes jy die langpad ry om hier te kom. Koring is die hoofgewas van Volstruisvlei, maar sowat 40% se inkomste word deur Dohne Merino-skape en baster Hereford-beeste verskaf. Die beeste word vir hul vleis aangehou. Die vee wei hier en oorkant die rivier waar hy en sy vrou, Charlotte, ‘n kuierplek, Knor Varkie, geopen het. En sou jy wonder oor die plaas se naam: daar is nog nooit hier met volstruise geboer nie. ‘n Plakker van ‘n skaap pryk op die Volstruisvleinaambord op die hoofpad – seker opgeplak ná die soveelste vraag wat hulle hieroor gekry het! WAT IS IN ’N NAAM? Die plaasnaam se skakel met dié voëlspesie kom heel moontlik van wilde volstruise wat jare terug hier voorgekom het, vertel Charlotte. Hierdie grond …

Afsaal, maar nie aftree nie

Weskussers is rateltaai met ‘n sagtheid vir mooi stories en interessante staaltjies. Dis mense wat anders na die lewe kyk, maar wat mooi verstaan wat belangrik is. Hulle kanniedood lewensuitkyk word deur die landskap uitgebeeld – of is dit nou andersom? Hoe dit ook al sy, die rotsbedekte omgewing met sy geharde plantegroei, die area se eiesoortige uitdrukkings en inwoners se harde teerheid is alles dinge wat hierdie plek diep in ‘n mens se hart laat inkruip. En dis hoe ons by Afsaal Padstal uitkom.