farmers
comments 5

Nou op die rakke by Woolies, Checkers, Shoprite, OK, en Spar!

Die winter uitgawe is nou op die rakke by jou naaste Woolies, Checkers, Shoprite, OK, Spar, Exclusive Books-winkels en uitgesoekte geriefwinkels. Hier is ‘n voorsmakie van die uitgawe se artikels.


[BEWARING]
Melkboere is eintlik grasboere
Vandat Oloff Cilliers Welgelegen 10 jaar gelede by sy pa oorgeneem het, het hy herskeppende landbou al hoe meer begin toepas. Behalwe die koeirasse, maak die grasse wat hulle eet ook saak. Hy vertel ons wat hulle doen om beter langtermyn resultate te kry.


[NISBOERE]
Hier tem die fee die drake
Aangesien sy ’n plantverslaafde met oneindige energie en groen vingers is, het dit Jackye Riddle nie lank geneem om die betowerende potensiaal van die pragtige pienk draakvrug te benut nie. Sy deel Ferndale se sprokiesverhaal en die misterie van nagbestuiwing met ons.

[WENBOER]
Die Buysvolk boer voort
Toe Coenraad de Buys se bloubloedseuns met President Paul Kruger vir grond onderhandel het, het hulle seker gemaak dat die Buysgemeenskap ‘n heenkome vir hul nakomelinge het. En waar daar ‘n wil om te boer is, is daar ‘n weg.


[VELDAPTEEK]
Soete sukses uit aalwynsap
Wie sou kon dink dat ’n idee wat by ’n kroegtoonbank op ’n Karibiese eiland bespreek is, sou uitloop op ’n plaas vol aalwyne aan die punt van Afrika! African Caribbean Aloe Products in die Soutpansberge se suksesverhaal het egter al daardie draaie gestap. 


[NISBOERE]
SA se veldblomme versier die wêreld
Neil Hall se groot liefde vir die buitelewe, die veld en veldblomme het hom gedryf om pionierswerk vir SA se inheemse blommebedryf te doen. Vandag is hy trots op Zuluflora se sukses sowel as die gemoedelike en gemeenskaplike atmosfeer op die plaas.


[BEWARING]
’n Wyse swerwer bewaar die natuur
’n Man van alle seisoene is hoe Gordon Brace van Zulani Safaris beskryf kan word. Hierdie wyse swerwer lê sy visie uiteen en verduidelik hoekom jag en omgewingsbewaring hand aan hand gaan.


[LANDBOUTOERISME]
’n Boerdery waar besoekers welkom is 
Erfdeel in die Ceres-omgewing is ’n werkende plaas waar die Smiths met vrugte, groente en ’n paar skape boer. Besoekers ontsnap hierheen om die vars lug, staproetes en soms die Matroosberg-natuurreservaat se sneeubedekte hange te geniet.


[MEGA BOERE]
Sukses met of sonder dop
Aan die voet van die Soutpansberge is ‘n plek waar die temperatuur net reg vir die kweek van makadamianeute is. Ons vind uit hoe hierdie besigheid nie net buitelandse markte nie, maar ook plaaslike markte met hul produkte en verwerkingstoerusting bereik.


[LANDBOUTOERISME]
Flessies vol bessies en meer
Natalie Turck vertel ons van hulle klein begin (en die aanvanklike min gewin), en hoe hulle mettertyd hierdie bessieplaas in die Boland uitgebrei het om nie net hul bekende braamlikeur te vestig nie, maar ook ‘n besigheid wat vandag konfyt en ingelegde groente aan bekende supermarkte lewer. Dit wil gedoen wees! 


[NISBOERE]
HIK Abalone Farm se fokus op sekuriteit en higiëne bring voorspoed.
Hermanus is ’n gewilde toeristebestemming en dis ook waar die uiters suksesvolle HIK Abalone hul soutwaterplaas het. Net duskant die baai waar die walvisse baljaar, word perlemoentjies met presisieboerdery gekweek en na die Ooste uitgevoer.


[DEUR DIE LENS]
Portret van ’n boer
Is daar so iets soos ’n tipiese boer? Hulle werk almal hard en is altyd besig, dit weet ons. Maar wat gee hulle ’n sagte trek om die oë? Waaroor droom hulle? Ons vra ’n bietjie uit.

5 Comments

  1. 293183 175135I undoubtedly enjoyed the method that you explore your experience and perception of the area of interest 182512

  2. 224951 13463Youre so cool! I dont suppose Ive read anything in this way before. So nice to locate somebody by original thoughts on this subject. realy thanks for beginning this up. this fabulous site is one thing that is needed on the internet, a person with a bit of originality. beneficial project for bringing a new challenge towards internet! 513096

  3. essentials says:

    298105 131092I undoubtedly did not realize that. Learnt something new nowadays! Thanks for that. 898626

  4. 36405 778944I just couldnt go away your website before suggesting that I in fact enjoyed the normal info an individual provide on your visitors? Is gonna be back frequently as a way to inspect new posts. 916264

  5. 479483 992467For anybody who is considering about external complications, sometimes be tough amaze those to realize to produce just a single weed in this really flowing normally requires eleven liters concerning gasoline to. dc free of charge mommy weblog giveaways family trip home gardening residence power wash baby laundry detergent 161585

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *