Gee vir ‘n mens groente, en jy gee hom of haar kos vir ‘n dag; bemagtig ‘n mens om haar of sy eie groente te verbou en jy voed hulle en hul geliefdes ‘n leeftyd lank.
Dit is hierdie praktiese wysheid wat die span by Laeveld Agrochem geïnspireer het om met hul vernuwende AgricultSURE-groentesaadpakke vorendag te kom. Nou, met die nuwe jaar om die draai, neem die maatskappy die inisiatief na die volgende vlak met die bekendstelling van die Food for Good Challenge waardeur ‘n groentesaadpak bestel kan word om te skenk aan iemand wat ‘n huistuin vol vars groente daaruit kan verbou.
Die koste is R259 per saadpak wat tot 150kg groente kan lewer. Die pakke bestaan uit sade vir agt tipes groente, ‘n geïllustreerde instruksiehandleiding, kunsmis en grondverbeterings- en geïntegreerde pesbeheerprodukte asook gereedskap om plantspasiëring te meet. Slegs somergroentepakke is tans beskikbaar. Winterpakke sal in die nuwe jaar gereed wees vir bestelling.
Volgens Kobus Hurter, die stigter en primêre dryfkrag agter AgricultSURE, sal die groente wat uit ‘n saadpak geproduseer word genoegsaam wees om ‘n gesin van ses vir ses weke te voed.
Groente ter waarde van R2000 vir minder as R300
“Vir minder as R300 kry ‘n mens groente ter waarde van sowat R2000 asook al die insette wat nodig is om ‘n topgehalte tuin tot stand te bring. En al wat nodig is om dié tuin aan die gang te kry, is 15m². Die saadpakke kan baie behoeftige mense help om selfversorgend te word. Met verloop van tyd kan hulle selfs kleinskaal-boere en entrepreneurs word.
“Die doel van die Food for Good Challenge is om gesinne en families te help om hul eie groente te verbou en hulself vir ‘goed’ en ten goede te voed; om vir hulle iets te gee wat hulle oor die lang termyn sal bevoordeel. Ons daag maatskappye uit om deel te neem, omdat hul betrokkenheid ‘n langdurige positiewe impak kan hê in die gebiede waar hul arbeiders bly,” se Hurter.
LAC-bemarkingsdirekteur Corné Liebenberg voeg by: “Eerder as om slegs geld of kos te skenk, wat beide vinnig uitgeput word, doen ons ‘n beroep op mense om goeie rentmeesters van hul geld te wees deur iets te skenk wat groei en wat volhoubaar is. Dit sal ook hoop en waardigheid bring aan mense wat nie eenvoudig winkel toe kan hardloop elke keer as hulle kos nodig het nie. Les bes gaan dit nie net om die kos nie. Waardevolle vaardighede en lesse word geleer deur die aanplant en versorging van ‘n groentetuin.”
Verder glo Liebenberg ook dat om meer mense te help om weer op hul voete kom, kan lei tot die skepping van ‘n stabiele omgewing en minder mense wat op die regering of ander eksterne bronne afhanklik is vir hulp. “In so ‘n atmosfeer kan besighede floreer, en dit is presies waarom ons ander ondernemings uitdaag om betrokke te raak by die opbou van ons land deur landbou,” is sy slotsom.
Om jou saadpak te bestel, besoek asseblief www.laeveld.co.za/seedpacks.